[…] “Ek het ’n voorstel.” Die ding leun vorentoe soos my vriendin April wanneer sy ’n geheim wil vertel, al is haar geheime niks om oor huis toe te skryf nie. Dis eintlik nie eens regte geheime nie. “As jy vir niemand vertel ek is hier nie, kan ek jou oë regmaak.” “Aag, maak dat jy wegkom!” Die ding knipper sy oë. “Dis mos wat ek probeer doen.” “Ek bedoel, jy sal nie my oë kan regkry nie.” “Hoekom nie?” “Wel, niemand kon nog my oë regmaak nie, behalwe met ’n bril.” “Ek kan ’n ding of twee doen, jy sal sien, maar …” “… ek mag niemand van jou vertel nie?” “Kolskoot. Reg soos ’n roer.” “Hoe weet ek jy gaan my nie blind maak nie? Jy’s dalk soos een van daai verkoopsmense wat ’n mens bel en allerhande goed belowe en deur hulle tande lieg.” Hy begin weer vryfbewegings met sy arms maak. “Ek sal mos nie so iets doen aan iemand wat my niks aangedoen het nie.” “Bedoel jy as ek iets aan jou doen, kan jy my blind maak?” “Vir my om te weet, vir jou om uit te vind.” “En as jy my oë regmaak en ek vir niemand van jou vertel nie, sal jy padgee uit ons landerye?” “Kolskoot!” […] | Entry #37708 — Discuss 0 — Variant: Not specifiednone
|